Kriewels in my Siel
Lizeth Keulder

Welkom by Kriewels in my Siel

Baie dankie dat jy vir my kom kuier het!

Kriewels in my Siel, is ‘n canvas waarop ek met woorde die lewe deur my oë skilder. In 2014 het ek die begeerte ervaar om die stories en woorde wat deur my kop maal te begin neerskryf. Van kleintyd af het ek graag opstelle en per geleentheid ‘n gedig of twee geskryf. Vermoedelik het ek my liefde vir woorde van my pa geërf - hy het ‘n slag met woorde gehad! Ek flop gruwelooslik met feite maar my verbeelding maak op daarvoor.

Na ons rekord eksamen in Matriek het ons kwaai Afrikaanse onderwyseres vir my gesê dat ek ‘n skryf-talent het. Ek was vreeslik ingenome met die kompliment! Baie, baie jare later lees ek toe op Facebook hoe ‘n klasmaat van daardie tyd skryf, dat die einste juffrou dieselfde kompliment aan haar gegee het en ek besef dat ek toe nou nie so besonders was nie! Ek is so dankbaar dat ek vir soveel jare ‘uitsonderlik’ kon voel en nooit geweet het dat sy daardie kompliment-geskenk aan ‘n hele paar klasmaats uitgedeel het nie. Ek dink nog dat dit te danke is aan die selfvertroue waarmee sy my gebless het met daardie kompliment, dat ek die moed gehad het om my woorde op ‘n platvorm soos Facebook te kon deel.

Ek skryf nie om enige een te beïndruk nie, maar omdat dit vir my die heerlikste vorm van terapie is. Met groot opgewondenheid het ek teen die einde van 2020 my eerste boek laat druk onder aanmoediging en ondersteuning van my dierbare boet. Dit is ‘n samevatting van ‘n versameling van my gunsteling Kriewels. Ek hoop dat jy een sal bestel en so my kleurryke reis deur die lewe, saam met my geniet.

Hieronder volg ‘n paar uittreksels uit gedigte wat ek geskryf het.

Uittreksels

    Soms skryf ek 'n gedig
Gebou uit drome en wense se verbeeldingsvlug
Ander kere skryf ek sommer 'n storie
Oor dinge beleef in vrolikheid en glorie
Maar oor jou skryf ek 'n boek
Wat my dwing om deur my gevoelens te soek
Wat elke woord 'n ander kleur gee
Wat soms my gedagtes net silwerskoon vee
Jy tart my siel met verrassende opwinding
Wat my kop gereeld in 'n nuwe rigting dwing
Om onbekende illusies te verken
Waarmee jy my hart keer op keer wen
Jip, vir jou skryf ek 'n boek
My inspirasie om elke hoek.

    Die ritme van die letters
Ryg pêrelstringe om my hart
Drup oestergeheime
In die diepte van my siel
Woorde word op hartstafels gedek
Terwyl sinne vlam uit skadukerse
Waar letterkelke glinster
Feestelik voorberei
Ter voeding van my siel

Kontak my

Indien jy enige inligting verlang - of sommer net lekker wil gesels, kontak my asseblief.

Email: lizethkeulder1@gmail.com

Pretoria, South Africa

Bestel n boek

(* Verpligte velde)
Naam: *


Van: *


Adres

Naam van gebou (indien toepaslik):


Straatnaam en nommer: *


Uitbreiding: *


Dorp / Stad: *


Poskode: *


Telefoonnommer: *


Prys per boek : R175.00
Hoeveelheid boeke verlang: *






Koerier koste (in Suid Afrika) : R 100.00
Totale koste : R0.00





Baie dankie vir u bestelling.

Ons hanteer dit so spoedig moontlik.